Die Burger 100: Sy Mense en Hul Stories

Die Burger 100: Sy Mense en Hul Stories

R340.00

Danksy die 30 000 koerante wat die afgelope eeu ses dae per week uitgegee is, is Die Burger vandag ’n huishoudelike naam.

Description

Danksy die 30 000 koerante wat die afgelope eeu ses dae per week uitgegee is, is Die Burger vandag ’n huishoudelike naam. Die boek diep van die merkwaardigste gebeure, groot en klein, op wat sy joernaliste beleef het – van die Groot Griep en die twee wêreldoorloë tot Chris Barnard se eerste hartoorplanting en Nelson Mandela se afsterwe in 2013.

Skandes en skandale, natuurrampe, persoonlikhede in die nuus, belangrike sportmomente – die boek is nie net ’n belangrike optekening nie, maar het ook groot nostalgiewaarde. Die “onthou jy nog?”-faktor word versterk deur hope foto’s én spotprente.

Enkele hoogtepunte:

  • Lindie Koorts skryf oor DF Malan, eerste redakteur
  • Dana Snyman ondersoek die oorsprong van DJ Opperman se bekende gedig, Klara Majola – ’n Burger-berig in 1950
  • Johann Maarman deel sy indrukke van Jakes Gerwel
  • Leopold Scholtz beskryf die val van die Berlynse Muur
  • Francois Verster vertel van Die Burger se spotprent-tekenaars – DC Boonzaaier, TO Honiball en Fred Mouton
  • Bun Booyens was in Kazakstan vir Mark Shuttleworth se reis as eerste ruimtetoeris in 2002

 

Title: Die Burger 100: Sy Mense en Hul Stories

Author: Bun Booyens & Ali Schoeman

Publisher: Jonathan Ball Publishers

ISBN: 9781868427963

Release Date: March 2017

Format: Hardback

Price: R340.00

Tags or Category: South African; Biography & Autobiography; Historical; Political & Military

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Burger 100: Sy Mense en Hul Stories”

Your email address will not be published. Required fields are marked *